Spring na inhoud

Ek is nie gelukkig met my lewe nie—Kan godsdiens, God of die Bybel help?

Ek is nie gelukkig met my lewe nie—Kan godsdiens, God of die Bybel help?

Die Bybel se antwoord

Ja. Die Bybel, ’n ou boek vol wysheid, verskaf antwoorde op die lewe se belangrike vrae en kan jou help om beter te voel en gelukkig te wees. Kyk na ’n paar vrae wat dit beantwoord.

  1. Is daar ’n Skepper? Die Bybel sê: “[God] het alles geskep” (Openbaring 4:11). As ons Skepper weet God wat ons nodig het om goed te voel en voldoening in die lewe te vind.

  2. Gee God vir my om? Die Bybel sê nie dat God hom op ’n afstand van die mensdom hou nie, maar sê eerder dat hy “nie ver van elkeen van ons af is nie” (Handelinge 17:27). Hy stel belang in wat met jou gebeur en wil jou help om suksesvol te wees in die lewe.—Jesaja 48:17, 18; 1 Petrus 5:7.

  3. Hoe kan dit my help om beter te voel as ek God ken? God het ons geskep met ’n “geestelike behoefte”, ’n ingebore honger om te verstaan wat die doel van die lewe is (Matteus 5:3). Ons geestelike behoefte sluit ook ’n begeerte in om ons Skepper te ken en om ’n verhouding met hom te hê. God sal jou pogings verwelkom om hom te leer ken, want die Bybel sê: “Kom nader aan God, en hy sal nader aan julle kom.”—Jakobus 4:8.

Miljoene mense het al gevind dat ’n vriendskap met God hulle oor die algemeen beter laat voel het en vir hulle getoon het hoe om gelukkig te wees met hulle lewe. Hoewel dit nie jou lewe probleemvry sal maak as jy God ken nie, kan sy wysheid in die Bybel jou met die volgende help:

Baie godsdienste wat die Bybel gebruik, volg nie die leringe daarvan nie. Daarenteen sal die ware godsdiens, wat bly by wat die Bybel werklik sê, jou help om God te leer ken.