Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Die tyd vir familie?

Die tyd vir familie?

“Kyk! Hoe goed en hoe lieflik is dit dat broers in eenheid saam woon!”—PSALM 133:1.

’n Rede waarom party Kersfees vier.

Aangesien die Israeliete almal nakomelinge van een man, Jakob, of Israel, was, was hulle “broers”, lede van een familie. Wanneer hulle vir feeste in Jerusalem bymekaargekom het, was dit “goed” en “lieflik”. Soos hulle, sien baie hedendaagse families daarna uit om gedurende Kersfees bymekaar te kom en mekaar se ‘goeie’ en ‘lieflike’ geselskap te geniet.

Waarom is dit ’n uitdaging?

Die Encyclopedia of Christmas and New Year’s Celebrations erken: “Spanning in die familie wat gedurende die res van die jaar onder die oppervlak smeul, ontvlam dikwels wanneer die familie vir die Kersseisoen bymekaarkom.”

Watter Bybelbeginsels kan jou help?

“Leer . . . om ’n verskuldigde vergoeding aan [jou] ouers en grootouers te bly betaal” (1 Timoteus 5:4). Reël om jou familie so gereeld moontlik te besoek. As jou familie ver weg woon, kan jy nog steeds gereeld met hulle kommunikeer. Skryf gerus ’n brief, bel hulle, stuur ’n e-pos of gesels aanlyn met hulle. Gereelde kommunikasie beperk misverstande tot ’n minimum.

“Julle het te min ruimte in julle eie tere geneenthede. . . . Julle [moet] verruim word” (2 Korintiërs 6:12, 13). Familielede wat net een keer per jaar gesien word, kan gou vreemdelinge word—veral vir kinders. Party kinders voel dat hulle min met hulle grootouers of verlangse familie in gemeen het. Spoor julle kinders dus aan om ‘verruim te word’ in hulle geneenthede deur bejaarde familielede by julle bedrywighede in te sluit. * Kinders wat gereeld tyd saam met bejaardes deurbring, is geneig om meer empatie en waardering aan te kweek vir mense wat ouer as hulle is.

“Hoe goed is ’n woord op die regte tyd tog!” (Spreuke 15:23). Hoe kan jy verhinder dat misverstande of geskille gespanne familieverhoudings veroorsaak? Een manier is om “die regte tyd” te kies om geldige kwessies te bespreek. As julle verhouding met gereelde kommunikasie geolie word, sal dit vir jou makliker wees om privaat na familielede te gaan om enige probleem op te los en mekaar se ‘goeie’ en ‘lieflike’ geselskap te geniet wanneer julle bymekaarkom.

^ par. 9 Sien die artikels “Waarom moet ek my grootouers beter leer ken?” en “Hoe kan ek nader aan my grootouers kom?” in die Ontwaak! van 22 April en 22 Mei 2001, uitgegee deur Jehovah se Getuies.