Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

VOORBLADONDERWERP | DIE BYBEL—’N BOEK WAT BEHOUE GEBLY HET

Waarom die Bybel behoue gebly het

Waarom die Bybel behoue gebly het

Die Bybel het behoue gebly. Daarom kan jy vandag ’n Bybel verkry en dit lees. En as jy ’n goeie vertaling van die Skrif kies, kan jy seker wees dat jy ’n betroubare afskrif van die oorspronklike geskrifte lees. * Maar waarom het die Bybel, dikwels op merkwaardige wyse, behoue gebly ondanks verwering, hewige teenstand en doelbewuste pogings om die boodskap daarin te verander? Wat is so besonders omtrent hierdie boek?

“Ek is nou oortuig daarvan dat die Bybel wat ek het, ’n gawe van God is”

Baie Bybelstudente het tot dieselfde gevolgtrekking gekom as die apostel Paulus, wat geskryf het: “Die hele Skrif is deur God geïnspireer” (2 Timoteus 3:16). Hulle glo dat die Bybel behoue gebly het omdat dit die unieke Woord van God is en omdat God dit tot in ons dag bewaar het. Faizal, wat in die eerste artikel van hierdie reeks aangehaal is, het uiteindelik besluit om hierdie bewerings te ondersoek deur die Bybel te studeer. Hy was verbaas oor wat hy geleer het. Hy het gou agtergekom dat baie van die Christendom se leringe nie in die Bybel is nie. En sy hart is geraak deur wat die Bybel sê oor God se voorneme vir die aarde.

“Ek is nou oortuig daarvan dat die Bybel wat ek het, ’n gawe van God is”, sê hy. “As God die heelal kon skep, maak dit mos sin dat hy die krag het om vir ons ’n boek te gee en dit vir ons te bewaar. As ons dit nie glo nie, beteken dit dat ons God se krag beperk. En wie is ek om die krag van die Almagtige te beperk?”—Jesaja 40:8.

^ par. 3 Sien die artikel “Hoe jy ’n goeie Bybelvertaling kan kies” in Die Wagtoring van 1 Mei 2008.