Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

VOORBLADONDERWERP | JY KAN DIE BYBEL VERSTAAN

Waarom moet ons die Bybel verstaan?

Waarom moet ons die Bybel verstaan?

“Die Bybel is ’n baie bekende godsdiensboek. Maar dit kom uit ’n vreemde land en is nie op Chinese van toepassing nie.”—LIN, CHINA.

“Ek kan nie eers die heilige boeke van my Hindoegodsdiens verstaan nie. Hoe kan ek dan die Heilige Bybel verstaan?”—AMIT, INDIË.

“Ek het respek vir die Bybel as ’n boek uit die ou tyd en ek het gehoor dat dit ’n topverkoper is. Maar ek het nog nooit self ’n Bybel gesien nie.”—JOEMIKO, JAPAN.

Baie mense regoor die wêreld het groot respek vir die Bybel. Maar hulle weet dalk min, of amper niks, oor die inhoud daarvan nie. Dit is beslis die geval met miljoene wat in Asië woon, maar dit kan ook gesê word van baie wat in lande woon waar die Bybel algemeen beskikbaar is.

Maar jy vra dalk: ‘Waarom moet ek die Bybel verstaan?’ As jy hierdie heilige boek verstaan, kan dit jou help om die volgende te doen:

  • Tevredenheid en geluk te vind

  • Gesinsprobleme te hanteer

  • Bekommernisse die hoof te bied

  • Persoonlike verhoudings te verbeter

  • Verstandig met geld te werk

Neem byvoorbeeld vir Josjiko, in Japan. Sy het gewonder waaroor die Bybel gaan en het besluit om dit self te lees. Wat was die gevolg? “Die Bybel het my gehelp om ’n doel in die lewe te vind en ’n hoop vir die toekoms te hê”, sê sy. Sy voeg by: “Daar is nie meer ’n leemte in my lewe nie.” Amit, wat vroeër aangehaal is, het besluit om self die Bybel te ondersoek. “Ek was verstom”, sê hy. “Die Bybel bevat praktiese inligting vir almal.”

Die Bybel het al miljoene mense se lewe verander. Ondersoek dit gerus self en kyk hoe jy daarby kan baat vind.