JW LIBRARY
Kenmerke van JW Library
Die JW Library-app a is ontwerp om jou te help om jou Bybellees beter te verstaan en om jou persoonlike studie te verbeter. Laai Bybelgebaseerde publikasies, video’s en oudioprogramme af wat jy enige tyd of enige plek kan gebruik.
Verskillende Bybelvertalings
Lees God se Woord en vergelyk tekste van verskillende Bybelvertalings wat in honderde tale beskikbaar is.
Biblioteek van publikasies
Laai boeke, brosjures en artikels in meer as 1 000 tale af, insluitende meer as 100 gebaretale.
Video’s en oudioprogramme
Geniet ’n verskeidenheid programme wat video’s oor Bybelleringe, Bybeltoesprake, dramas en animasiereekse insluit.
Musiek
Luister na ’n verskeidenheid oorspronklike komposisies wat koor-, orkes- en instrumentale opnames insluit.
Dagteks
Begin jou dag met ’n Bybelteks en kommentare wat positiewe en aanmoedigende gedagtes bevat.
Vergaderinge
Kry toegang tot inligting vir die Lewe en Bediening-vergadering en die vergadering oor die naweek op een plek.
Soek
Kry spesifieke Bybeltekste, inhoud en onderwerpe.
Persoonlike studie
Merk tekste, maak persoonlike notas en sit dit in kategorieë deur merkers te gebruik.
Speellyste
Skep en organiseer speellyste vir musiek, video’s, oudioprogramme en prente.
a JW Library is ’n amptelike app wat deur Jehovah se Getuies beskikbaar gestel is.

