Afrikaans
Algemene vrae​—JW Library (Android)
https://cms-imgp.jw-cdn.org/img/p/802013202/univ/art/802013202_univ_sqr_xl.jpg

JW LIBRARY

Algemene vrae​—JW Library (Android)

Algemene vrae​—JW Library (Android)

JW Library sal op toestelle werk wat een van die volgende bedryfstelsels het:

  • Android 8.0 of nuwer

  • iOS 15.0 of nuwer

  • macOS met ’n M1- of nuwer skyfie

  • Windows 10 Weergawe 2004 of nuwer

Om JW Library veilig en betroubaar te hou, is dit partykeer nodig om die minimum vereistes te verhoog om die app te laat werk. Daarom stel ons voor dat jy die bedryfstelsel op jou toestel opgedateer hou. As jy nie jou toestel tot die minimum vereiste weergawe kan opdateer nie, sal die app dalk nog steeds werk, maar dit sal nie die nuutste kenmerke hê nie.

 

Nuwe tale word van tyd tot tyd vrygestel. Om die lys tale te sien waarin ’n publikasie beskikbaar is, tik op die taal-knoppie.

Die kleure stem ooreen met die agt gedeeltes wat in Vraag 19 van ’n Inleiding tot God se Woord verduidelik word.

 

Die Kingdom Interlinear word slegs deur Android weergawe 4.0 en nuwer weergawes ondersteun.

 

JW Library sal dieselfde basiese funksies op alle platforms hê. Maar funksies en opgraderings vir die toepassing word dalk op verskillende tye vrygestel vir elke platform.

 

Probleem: Nadat die bywerking van die nuutste weergawe van JW Library geïnstalleer is, sal jy dalk ’n boodskap sien dat jou notas en teks wat jy gemerk het, verdwyn het. Jy kan nie jou persoonlike notas, merkers, teks wat jy gemerk het, gunstelinge en boekmerke sien nie.

Oplossing: ’n Bygewerkte weergawe van die app kan dalk die probleem oplos. Installeer die volgende beskikbare bywerking, en volg die instruksies op die skerm om jou notas en teks wat jy gemerk het, te herstel.

 

Vra iemand wat bekend is met JW Library om jou te help. As dit nie moontlik is nie, kontak gerus ons naaste takkantoor.