JW Library vir Apple-toestelle
Leer meer oor spesifieke kenmerke op JW Library deur stap vir stap die hulpvideo’s en handige wenke te volg. Kry antwoorde op algemene vrae oor die app.
Wat is nuut
Oktober 2025 (Weergawe 15.5)
Spoed waarteen video en oudio gespeel word, word onthou nadat die app weer begin word.
Wanneer video’s oopgemaak word, word die voorruitprojeksie weggesteek. Om dit te vertoon, tik op die video.
’n Hele paar probleme is reggemaak, insluitende dié wat veroorsaak het dat die app staak.
Die minimum bedryfstelsels wat ondersteun word, is Android 7.0, iOS 15, macOS met ’n M1- of nuwer skyfie, Windows 10 Weergawe 2004 of nuwer.
Julie 2025 (Weergawe 15.4)
Die Vergadering-gedeelte is herontwerp om die skakels na die studiemateriaal vir die Lewe en Bediening-vergadering en die Wagtoring-studie op dieselfde bladsy te wys. Skakels na ander publikasies vir die vergaderinge is ook ingesluit sodat dit maklik gevind kan word.
’n Hele paar probleme is reggemaak, insluitende dié wat veroorsaak het dat die app staak.
April 2025 (Weergawe 15.3)
Navorsingsgids-verwysings is beskikbaar in Bybels wat in gebaretaal is.
IN HIERDIE GEDEELTE
Algemene vrae—JW Library (iOS)
Kry antwoorde op die vrae wat die meeste gevra word.

