JW Library vir AndroidTM-toestelle
Leer meer oor spesifieke kenmerke op JW Library deur stap vir stap die hulpvideo’s en handige wenke te volg. Kry antwoorde op algemene vrae oor die app.
Wat is nuut
Oktober 2025 (Weergawe 15.5)
Spoed waarteen video en oudio gespeel word, word onthou nadat die app weer begin word.
Wanneer video’s oopgemaak word, word die voorruitprojeksie weggesteek. Om dit te vertoon, tik op die video.
’n Hele paar probleme is reggemaak, insluitende dié wat veroorsaak het dat die app staak.
Die minimum bedryfstelsels wat ondersteun word, is Android 7.0, iOS 15, macOS met ’n M1- of nuwer skyfie, Windows 10 Weergawe 2004 of nuwer.
Julie 2025 (Weergawe 15.4)
Die Vergadering-gedeelte is herontwerp om die skakels na die studiemateriaal vir die Lewe en Bediening-vergadering en die Wagtoring-studie op dieselfde bladsy te wys. Skakels na ander publikasies vir die vergaderinge is ook ingesluit sodat dit maklik gevind kan word.
’n Hele paar probleme is reggemaak, insluitende dié wat veroorsaak het dat die app staak.
April 2025 (Weergawe 15.3)
Navorsingsgids-verwysings is beskikbaar in Bybels wat in gebaretaal is.
IN HIERDIE GEDEELTE
Begin JW Library gebruik—Android
Leer hoe om die hooffunksies te gebruik van JW Library op Android-toestelle.
Laai Bybels af en organiseer dit—Android
Leer hoe om Bybels in JW Library vir Android-toestelle af te laai en te organiseer.
Laai publikasies af en organiseer dit—Android
Leer hoe om publikasies af te laai en dit te organiseer in JW Library op Android-toestelle.
Stel en organiseer boekmerke—Android
Leer hoe om boekmerke te stel en te organiseer in JW Library vir Android-toestelle.
Gebruik die geskiedenisfunksie—Android
Leer hoe om die geskiedenisfunksie te gebruik in JW Library vir Android-toestelle.
Kies jou voorkeure—Android
Leer hoe om jou voorkeure te kies in die JW Library-app vir Android-toestelle.
Soek in ’n Bybel of publikasie—Android
Leer hoe om in ’n Bybel of publikasie te soek, en soek na onderwerpe in Insight on the Scriptures in JW Library vir Android-toestelle.
Merk teks—Android
Leer hoe om teks te merk in JW Library vir Android-toestelle.
Installeer JW Library as jy nie toegang het tot ’n app store nie – Android
As jy nie JW Library op jou Android-toestel kan installeer uit ’n amptelike app store nie, kan jy dit installeer deur JW Library Android Package Kit (APK) te gebruik.
Algemene vrae—JW Library (Android)
Kry antwoorde op die vrae wat die meeste gevra word.

