13 AUGUSTUS 2018
WAT IS NUUT
Nuwe Wêreld-vertaling in Baoulé en hersiene uitgawe in Pools vrygestel
Die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte is op 10 Augustus 2018 in Baoulé in Abidjan, Côte d’Ivoire, vrygestel. Op dieselfde dag is die hersiene uitgawe van die Nuwe Wêreld-vertaling in Pools in Warskou, Pole, vrygestel. Die Nuwe Wêreld-vertaling is in sy geheel of gedeeltelik in 167 tale vrygestel, insluitende 14 volledige hersiene uitgawes wat op die 2013-uitgawe gebaseer is.

