Afrikaans
Die “Bybelleringe”-afdeling is herontwerp
/assets/ct/28ada02fb0/images/syn_placeholder_sqr.png

6 Oktober 2017
WAT IS NUUT

Die “Bybelleringe”-afdeling is herontwerp

Die “Bybelleringe”-afdeling is herontwerp

Die “Bybelleringe”-afdeling van jw.org is herontwerp. Dit sal nou makliker wees om inligting volgens onderwerp te kry. Kom ons kyk na ’n paar van die veranderinge wat gemaak is:

  • Die nuwe onderafdeling “Die geskiedenis en die Bybel” bespreek hoe die Bybel behoue gebly het, vertaal is en versprei is. Dit wys ook hoe nuwe ontdekkings keer op keer bevestig dat die Bybel geskiedkundig akkuraat is.

  • Die nuwe onderafdeling “Vrede en geluk” verduidelik hoe die Bybel jou kan help met daaglikse probleme en hoe jy geluk en vrede kan hê al is jy in ’n moeilike situasie.

  • Die nuwe onderafdeling “Die Wetenskap en die Bybel” toon hoe die skepping bewys dat die Bybel wetenskaplik akkuraat is.

  • Die onderafdeling “Antwoorde op Bybelvrae” is herontwerp sodat dit makliker is om vrae oor ’n spesifieke onderwerp te kry.

  • Die onderafdeling “Die huwelik en die gesin” vervang “Hulp vir egpare en ouers”. Hier kan jy praktiese raad uit die Bybel kry wat jou kan help om jou huwelik te verbeter en om jou kinders groot te maak.