Privacy Settings

To provide you with the best possible experience, we use cookies and similar technologies. Some cookies are necessary to make our website work and cannot be refused. You can accept or decline the use of additional cookies, which we use only to improve your experience. None of this data will ever be sold or used for marketing. To learn more, read the Global Policy on Use of Cookies and Similar Technologies. You can customize your settings at any time by going to Privacy Settings.

2 JUNIE 2025
WÊRELDNUUS

Volledige Nuwe Wêreld-vertaling in twee tale gedurende Mei 2025 vrygestel

Volledige Nuwe Wêreld-vertaling in twee tale gedurende Mei 2025 vrygestel

Kisi

Op 25 Mei 2025 het broer Winston Bestman, ’n lid van die Takkomitee in Liberië, die volledige Nuwe Wêreld-vertaling van die Bybel in Kisi vrygestel. Die aankondiging is aan ’n gehoor van 1 029 mense gemaak, wat bymekaargekom het vir ’n spesiale program wat in Guéckédou, Guinee, gehou is. Nog 2 467 mense het deur middel van videoverbinding vanaf ander plekke in Foya, Liberië, en Koindu, Sierra Leone, ingeskakel. Gedrukte kopieë van die Bybel is aan dié wat dit bygewoon het, uitgedeel. Die vrystelling was dadelik beskikbaar gemaak om op jw.org en in die JW Library-app afgelaai te word. Daar is ook afgekondig dat oudio-opnames van die Nuwe Wêreld-vertaling in Kisi geleidelik beskikbaar gemaak sal word om afgelaai te word.

Omtrent eenmiljoen mense praat Kisi in ’n streek wat as Kissiland bekend staan, ’n streek waar die lande van Guinee, Liberië en Sierra Leone ’n gemeenskaplike grens deel. Meer as 1 200 broers en susters dien op die oomblik in 29 Kisi-gemeentes en een groep regoor die takkantoor se gebied. Die Getuies wat Kisi praat, is baie bly om ’n akkurate vertaling van die volledige Bybel te hê wat God se persoonlike naam, Jehovah, gebruik.

Salomonseilandse Pidgin

Op 25 Mei 2025 het broer Jeffrey Winder, ’n lid van die Bestuursliggaam, die volledige Nuwe Wêreld-vertaling van die Bybel in Salomonseilandse Pidgin vrygestel. Die aankondiging is gemaak gedurende ’n spesiale program wat in Honiara, die hoofstad van die Salomonseilande, gehou is. Altesaam 2 317 mense het die program in persoon bygewoon. Nog 1 695 mense het vanaf twee plekke op ’n ander eiland met die naam Malaita deur middel van videoverbinding ingeskakel. Almal wat dit bygewoon het, het ’n gedrukte kopie van die Nuwe Wêreld-vertaling in Salomonseilandse Pidgin ontvang. Die vrystelling was ook beskikbaar gemaak om op jw.org en in die JW Library-app afgelaai te word.

Die goeie nuus het die Salomonseilande vir die eerste keer in 1953 bereik. Vandag woon daar omtrent 757 000 mense op die Salomonseilande, en hulle praat meer as 70 inheemse tale. Al is Engels die land se amptelike taal, praat meer mense daar Salomonseilandse Pidgin as enige ander taal. Op die oomblik dien omtrent 2 100 broers en susters wat Salomonseilandse Pidgin praat in 38 gemeentes regoor die land.