20 OKTOBER 2025
RUSLAND
Suster Jelena Roemiantsewa
“Ek het my kop hoog gehou”
Op 15 Oktober 2025 het die Wiselkofski-distrikshof van die Krasnodar-gebied suster Jelena Roemiantsewa skuldig bevind en haar ’n opgeskorte tronkvonnis van twee jaar gegee. Sy hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.
Profiel
Ons is oortuig dat Jehovah sal aanhou om ons broers en susters wat vervolg word die ondersteuning en krag te gee wat hulle nodig het om “tot die einde toe [te] volhard”. – Matteus 24:13.

