Spring na inhoud

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

IS DIT ONTWERP?

Die gom van die eendmossel

Die gom van die eendmossel

Wetenskaplikes wat diere bestudeer, het al lank opgelet dat eendmossels aan rotse, piere en die onderkant van skepe kan vasklou. Die gom wat eendmossels maak, is baie sterker as enige gom wat mense kan maak. Wetenskaplikes het maar onlangs uitgevind hoe dit vir eendmossels moontlik is om aan nat oppervlaktes vas te sit.

Dink hieraan: Studies het gewys dat eendmossel-larwe wat volwasse genoeg is om te swem, eers verskillende oppervlaktes ondersoek voordat dit ’n geskikte plek kies om aan vas te klou. As die larwe ’n plek gekry het, skei dit blykbaar twee vloeistowwe af. Die een is ’n olierige vloeistof wat water van die spesifieke oppervlak weghou. Hierdie vloeistof berei die oppervlak voor sodat die tweede vloeistof daaraan kan vassit. Dit bestaan uit proteïene wat fosfoproteïene genoem word.

Die twee vloeistowwe vorm saam ’n sterk gom wat nie eers deur bakterieë afgebreek kan word nie. Dit is baie belangrik dat die gom sterk is en lank sal hou omdat die eendmossel die res van sy lewe op hierdie plek vasgeanker sal bly.

Gomdrade van ’n eendmossel

Die hegtingsproses van die eendmossel is baie meer ingewikkeld as wat voorheen gedink is. ’n Lid van die span wat hierdie proses ontdek het, het gesê: “Dit is ’n baie slim en natuurlike oplossing wanneer dit kom by die probleem om iets aan ’n oppervlak in ’n nat omgewing vas te heg.” Die resultaat kan wetenskaplikes help om gom te ontwikkel wat onder water gebruik kan word. Dit kan ook help om sintetiese gom van natuurlike stowwe te maak vir mediese inplantings en vir die gebruik in elektronika.

Wat dink jy? Het die gom van die eendmossel deur evolusie ontstaan? Of is dit ontwerp?