Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Wat is vir my die belangrikste?

Wat is vir my die belangrikste?

Jakob het met ’n engel gestoei vir iets baie belangriks – Jehovah se seën (Ge 32:24-31; Ho 12:3, 4). Wat van ons? Is ons bereid om hard te werk om Jehovah te gehoorsaam en sy seën te kry? Sê nou ons moet kies of ons na ons vergadering toe sal gaan of ’n paar ekstra ure by die werk sal inkry, watter een sal ons kies? Wanneer ons vir Jehovah ons beste gee – met ons tyd, ons energie en dit wat ons het – sal hy “’n seën op [ons] uitstort totdat [ons] niks kortkom nie” (Mal 3:10). Hy sal ons lei, ons beskerm en vir ons sorg. – Mt 6:33; Heb 13:5.

KYK NA DIE VIDEODRAMATISERING MOENIE JOU GEESTELIKE DOELWITTE UIT DIE OOG VERLOOR NIE, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Hoe was die suster getoets deur iets wat sy liefgehad het?

  • Hoe kan ons werk vir ons ’n toets wees?

  • Hoekom moes Timoteus aanhou om doelwitte te stel selfs nadat hy ’n volwasse Christen geword het? – 1Ti 4:16

  • Wat is die belangrikste ding in jou lewe?

    Hoe wys ons wat vir ons die “heel belangrikste” is?