DIE WAGTORING – STUDIE-UITGAWE Februarie 2015

Hierdie nommer bevat die studieartikels vir 6 April tot 3 Mei 2015.

Volg Jesus se nederigheid en teerheid na

1 Petrus 2:21 sê dat ons Jesus se voetstappe noukeurig moet navolg. Hoe kan ons Jesus se nederigheid en teerheid navolg, al is ons onvolmaak?

Volg Jesus se moed en onderskeidingsvermoë na

In die Bybel leer ons watter soort persoon Jesus is. Kyk hoe ons sy moed en onderskeidingsvermoë kan navolg.

Die nasies word voorberei vir “die leer van Jehovah”

Hoe suksesvol was vroeë Christene daarin om die goeie nuus te verkondig? Wat het die predikingswerk in die eerste eeu dalk makliker gemaak as gedurende ander tye in die geskiedenis?

Jehovah rig ons wêreldwye onderrigtingswerk

Wat het Jehovah se knegte in onlangse tye gehelp om die goeie nuus op doeltreffende wyse regoor die aarde te verkondig?

’n Verrassing vir Japan

’n Nuwe boek met die titel “Die Bybel—Die Evangelie volgens Matteus” is in Japan vrygestel. Watter kenmerke het hierdie publikasie? Waarom is dit voorberei?

Behou jou ywer vir die bediening

Ons weet dat die verkondiging van die goeie nuus die belangrikste werk is wat ons vandag kan doen. Hoe kan ons ons ywer vir die Christelike bediening vergroot en behou?