Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Vergewe vryelik

Vergewe vryelik

Laai af:

  1. 1. Ek raak nog kwaad as ek daaraan dink.

    My hart bly bitter en ek voel hoe ek in

    my donker gedagtes wegsink.

    Vergifnis is iets wat ek verstaan,

    maar dit was nie my skuld nie, so dis swaar

    vir my om dit net só te laat gaan.

    (BRUG)

    Maar dan onthou ek dat Jehovah weet.

    Dan bid ek: “Vader, help vir my hierdeur!”

    En dan gee hy my altyd

    (REFREIN)

    krag om, met sy gees,

    als te laat gaan en te vergeet.

    Ek bid: “Jehovah, help dat ek

    vryelik kan vergewe.

    Ek wil graag soos u wees,

    net soos u vergewe en ook vergeet.”

    Ek bid: “Jehovah, help dat ek

    vryelik kan vergewe,

    kan vergewe.”

  2. 2. Ek probeer om dit te laat gaan,

    maar dit draai in my kop, dis soms daar –

    dan’s ek al weer bitter, seer en kwaad.

    En ek besef dat om te vergeef,

    is ook om te vergeet, ek weet!

    Maar ek haak vas by kwaad en seer.

    (BRUG)

    Maar dan onthou ek dat Jehovah weet.

    Dan bid ek: “Vader, help vir my hierdeur!”

    En dan gee hy my altyd

    (REFREIN)

    krag om, met sy gees,

    als te laat gaan en te vergeet.

    Ek bid: “Jehovah, help dat ek

    vryelik kan vergewe.

    Ek wil graag soos u wees,

    net soos u vergewe en ook vergeet.”

    Ek bid: “Jehovah, help dat ek

    vryelik kan vergewe,

    kan vergewe.”

    Soos u, vryelik

    kan vergewe.

    Soos u, vryelik

    sal vergewe.