Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DEEL 3

Hoe was die lewe in die Paradys?

Hoe was die lewe in die Paradys?

Jehovah het vir Adam en Eva baie dinge gegee wat mooi en goed was. Genesis 1:28

Jehovah het die eerste vrou, Eva, gemaak en haar vir Adam gegee om sy vrou te wees. – Genesis 2:21, 22.

Adam en Eva het ’n volmaakte verstand en liggaam gehad.

Hulle het in die tuin van Eden gebly. Dit was ’n paradys. Dit was ’n mooi plek met ’n rivier, vrugtebome en diere.

Jehovah het met hulle gepraat. Hy het hulle geleer. As hulle na hom geluister het, sou hulle vir ewig in die Paradys op aarde gelewe het.

God het vir hulle gesê dat daar een boom is waarvan hulle nie mag eet nie. Genesis 2:16, 17

Een van die engele wou nie meer na God luister nie. Hierdie slegte engel is Satan die Duiwel.

Jehovah het vir Adam en Eva een van die vrugtebome in die tuin gewys. Hy het vir hulle gesê dat hulle sou doodgaan as hulle daarvan eet.

Satan wou nie hê dat Adam en Eva vir Jehovah moes luister nie. Daarom het hy ’n slang gebruik om met Eva te praat. Hy het vir haar gesê dat as sy van die vrug eet, sy nie sal doodgaan nie. Sy sal net soos God word (Genesis 3:1-5). Dit was natuurlik nie waar nie.