Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 DEEL 7

Wie was Jesus?

Wie was Jesus?

Jehovah het Jesus na die aarde toe gestuur. 1 Johannes 4:9

As ons Jehovah wil bly maak, moet ons ook na ’n ander belangrike persoon luister. Lank voordat Adam geskep is, het Jehovah ’n magtige geespersoon in die hemel geskep.

Later het Jehovah hom na die aarde toe gestuur. Hy is in Betlehem gebore. Sy ma, Maria, was ’n maagd. Die kind is Jesus genoem. – Johannes 6:38.

As ’n mens op aarde het Jesus presies dieselfde eienskappe as God gehad. Hy was liefdevol en vriendelik. Mense het graag na hom toe gegaan. Hy was nie bang om vir ander die waarheid oor Jehovah te leer nie.

 Jesus het goeie dinge gedoen, maar mense het hom gehaat. 1 Petrus 2:21-24

Die godsdiensleiers het Jesus gehaat omdat hy vir mense gesê het dat die godsdiensleiers verkeerde dinge doen en sê.

Jesus het ook die siek mense gesond gemaak. Hy het party mense wat doodgegaan het, weer lewend gemaak.

Die godsdiensleiers het leuens oor Jesus vir die Romeinse leiers vertel sodat hulle Jesus kon slaan en doodmaak.