Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 DEEL 1

Hoe luister ons na God?

Hoe luister ons na God?

God praat met ons deur middel van die Bybel. 2 Timoteus 3:16

Die ware God het manne gebruik om sy gedagtes in een heilige boek neer te skryf. Daardie boek is die Bybel. Dit bevat belangrike inligting wat God wil hê jy moet weet.

God weet wat die beste vir ons is, en hy is die Bron van alle wysheid. As jy na hom luister, sal jy regtig wys word. – Spreuke 1:5.

God wil hê dat almal op die aarde die Bybel moet lees. Dit is nou in baie tale beskikbaar.

As jy na God wil luister, moet jy die Bybel lees en dit verstaan.

 Mense regoor die wêreld luister. Matteus 28:19

Jehovah se Getuies kan jou help om die Bybel te verstaan.

Hulle leer mense regoor die wêreld die waarheid oor God.

Jy hoef nie vir hierdie lesse te betaal nie. Jy kan ook oor God leer by die plaaslike Koninkryksaal van Jehovah se Getuies.