Die goeie nuus volgens Jesus
Leer in hierdie opwindende videoreeks meer oor Jesus Christus, die Seun van God en die Redder van die mensdom.
Die goeie nuus volgens Jesus – ’n Oorsig van die reeks
Kyk na hoe die Evangelieverslae uitgebeeld word in hierdie opwindende videoreeks oor Jesus Christus.
EPISODE 1
Die ware lig van die wêreld
Josef en Maria ontvang die eer om Jesus, ’n kind soos geen ander nie, groot te maak.
EPISODE 2
“Dit is my Seun”
Johannes die Doper kondig aan dat die Messias gekom het. Jesus begin met sy bediening.
EPISODE 3
“Dit is ek”
Jesus leer Nikodemus, ’n Samaritaanse vrou en die mense van Nasaret, maar hulle reageer op verskillende maniere.
EPISODE 4
“Dit is hoekom ek gekom het”
Jesus genees die siekes, dryf demone uit, maak dissipels en kies sy 12 apostels.
EPISODE 5
“Verstom oor die manier waarop hy geleer het”
Nadat Jesus ’n groot skare gesond gemaak het, gee hy die Bergpredikasie – sy bekendste toespraak.
EPISODE 6
“Is u die Een wat sou kom?”
Jesus wek ’n weduwee se seun op, gebruik eenvoudige illustrasies om mense te leer en openbaar die motiewe van dié wat na hom luister.
Die goeie nuus volgens Jesus – Lokprent vir die videoreeks
Kyk na die lokprent van hierdie opwindende reeks wat die Evangelieverslae laat lewe.

