16 AUGUSTUS 2023 | BYGEWERK: 20 JANUARIE 2025
RUSLAND
JONGSTE NUUS – SUSTERS SKULDIG BEVIND | ‘Ons is almal verenig’
Op 20 Januarie 2025 het die Chabarowski-distrikshof van die Chabarowsk-gebied suster Ljoebof Kotsjerowa en Ljoebof Oftsjinnikowa skuldig bevind. Hulle het elkeen ’n opgeskorte tronkstraf van vyf jaar en ses maande gekry. Hulle hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.
Op 5 Desember 2023 het die Chabarowsk-gebiedshof die uitspraak van suster Ljoebof Kotsjerowa en Ljoebof Oftsjinnikowa ongeldig verklaar. Hulle saak sal nou weer verwys word na die Chabarowski-distrikshof van die Chabarowsk-gebied om herverhoor te word.
Op 1 Augustus 2023 het die Chabarowski-distrikshof van die Chabarowsk-gebied suster Ljoebof Kotsjerowa en Ljoebof Oftsjinnikowa skuldig bevind. Hulle het elkeen ’n opgeskorte tronkstraf van ses jaar gekry. Hulle hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.
Profiel
Die ondervindinge van dié wat getrou vervolging verduur, herinner ons dat Jehovah liefdevol “aan almal krag gee”. – 1 Kronieke 29:12.
Tydlyn
2019-2020
Die owerhede het in die geheim begin om ons susters se gesprekke op te neem
3 Maart 2022
Ljoebof Kotsjerowa se huis word deursoek. Haar foon en rekenaar word afgevat
26 Mei 2022
Kriminele saak word teen Ljoebof Kotsjerowa gemaak
28 Mei 2022
Ljoebof Kotsjerowa word ondervra
7 November 2022
Kriminele saak word teen Ljoebof Oftsjinnikowa gemaak. Kriminele sake word gekombineer
21 Januarie 2023
Ljoebof Kotsjerowa se huis word weer deursoek
25 April 2023
Kriminele verhoor begin

