20 OKTOBER 2025
RUSLAND
Broer Vardan Zakaryan uit Russiese tronk vrygelaat
Op 13 Oktober 2025 is broer Vardan Zakaryan uit ’n Russiese tronk vrygelaat. Vardan is op 31 Maart 2023 skuldig bevind en is ’n tronkvonnis van vier jaar en drie maande gegee. As gevolg van die tyd wat hy in aanhouding voor sy verhoor en onder huisarres was, is sy vonnis nou uitgedien. Hy sal binnekort teruggestuur word na Armenië, waar hy weer saam met sy familie sal wees.
Regdeur hierdie moeilike tyd het Vardan ontmoediging oorkom deur op Jehovah en Sy Woord te vertrou. Voordat Vardan skuldig bevind en tronk toe gestuur is, het hy gesê: “Wanneer jy God se Woord lees en die leringe in jou lewe toepas, sal die probleme wat jy het makliker wees om te verduur, want jy weet dat Jehovah jou help. Ek is oortuig dat Jehovah my die krag gegee het wat ek nodig gehad het toe die owerhede my probeer keer het om getrou aan Hom te wees. Ek herinner myself gereeld daaraan dat dit nie nodig is om bang te wees nie, vertrou net op Jehovah! Jehovah sal sy volk nooit verlaat nie, maak nie saak waar hulle is nie.”
Ons is bly dat Vardan vrygelaat is, en ons is dankbaar dat Jehovah aanhou om Sy lojale knegte se “vertroue” te wees. – Spreuke 3:26.

