Mexiko
Jehovah se Getuies in Jalisco, Mexiko, gedwing om hulle huise in Huichol-gemeenskap te verlaat
Jehovah se Getuies is aangeval en uit hulle huise gesit. Hulle het na wetlike owerhede gegaan om hierdie godsdiensvervolging stop te sit.
Getuies is gereed om met groot herbouwerk in Guatemala en Mexiko te begin ná verwoestende aardbewings
Jehovah se Getuies sal met ’n groot noodlenigings-projek begin om hulle mede-gelowiges te help wat in Mexiko en Guatemala deur twee verwoestende aardbewings geraak is.
Getuies ontvang erkenning vir Bybelonderrigtingswerk in Mexikaanse tronke
Amptenare bedank Jehovah se Getuies vir hulle werk om Bybelonderrigting te voorsien aan gevangenes in staatsgevangenisse in Baja California.
Grootste boekeskou in die Spaanssprekende wêreld nooi Jehovah se Getuies
By Guadalajara se Internasionale Boekeskou is lektuur van regoor die wêreld uitgestal, insluitende publikasies van Jehovah se Getuies.
Die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte in Tzotzil word in Mexiko vrygestel
Jehovah se Getuies het die Christelike Griekse Geskrifte (“Nuwe Testament”) vrygestel in Tzotzil, ’n taal wat hoofsaaklik deur Maja-Indiane in Sentraal-Chiapas gepraat word.
Amptenare in Mexiko prys Getuies vir skoonmaakwerk by gemeenskapsportfasiliteit
Meer as 250 Getuies van Jehovah het aangebied om die Baldomero “Melo” Almada-sportfasiliteit op 7 Junie 2014 skoon te maak, wat plaaslike amptenare beweeg het om waardering uit te spreek.
Getuies neem deel aan Mexikostad se Boek- en Tydskrif-ekspo vir 2014
Jehovah se Getuies het ’n verskeidenheid Bybelpublikasies en video’s by die Expo Publica-boekeskou vir 2014 uitgestal.

