19 JUNIE 2023
GUAM
Tifoon Mawar tref Guam en Rota
Op 24 Mei 2023 het tifoon Mawar die eilande Guam en Rota getref. Dit was die sterkste tifoon wat die gebied in 20 jaar getref het. Meer as 70 sentimeter reën het geval, en die windsterkte was meer as 160 kilometer per uur. As gevolg van die sterk winde en reën was daar geen elektrisiteit en water in die meeste dele van Guam en Rota nie.
Hoe ons broers en susters geraak is
Nie een van ons broers of susters is beseer of het gesterf nie
3 huise is vernietig
12 huise is erg beskadig
8 huise is beskadig, maar nie te erg nie
Noodlenigingspogings
Kringopsieners en plaaslike ouermanne gee aanmoediging uit die Bybel en voorsien praktiese hulp aan diegene wat deur die tifoon geraak is
2 Noodlenigingskomitees is aangestel om die noodlenigingspogings te organiseer
Ons sien uit na die tyd wanneer niemand in vrees vir natuurrampe sal lewe nie en almal “groot vreugde [sal] vind in die oorvloed van vrede”. – Psalm 37:11.

