Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Leer die waarheid aan ander

Leer die waarheid aan ander

Van September af sal die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek ’n nuwe soort voorgestelde aanbieding bevat met die titel “Leer die waarheid aan ander”. Ons doelwit sal wees om ’n eenvoudige Bybelwaarheid te beklemtoon deur ’n vraag en ’n teks te gebruik.

As ons sien dat iemand belangstelling toon, kan ons afwagting vir ons volgende besoek wek. Ons kan vir die persoon ’n publikasie gee of vir hom ’n video op jw.org wys. Ons moet probeer om ’n paar dae later terug te gaan om voort te bou op die vorige bespreking. Die nuwe aanbiedings en studentetoewysings sal gebaseer wees op opsommings van hoofstukke in die boek What Can the Bible Teach Us? (nie in Afrikaans beskikbaar nie), wat ’n vereenvoudigde weergawe van die Leer Bybel-boek is. Daar is bykomende inligting en tekste in die Leer Bybel-boek wat ons kan help om net die Bybel te gebruik wanneer ons herbesoeke en Bybelstudies doen.

Daar is slegs een weg wat na die lewe lei (Mt 7:13, 14). Aangesien ons met mense van verskillende godsdienste en agtergronde praat, moet ons oor Bybelwaarhede gesels waarin mense persoonlik belangstel (1Ti 2:4). Namate ons vertroud raak met verskeie Bybelonderwerpe en verbeter in ons vermoë om “die woord van die waarheid reg [te] hanteer”, sal ons vreugde toeneem en sal ons die waarheid suksesvol aan ander kan leer.—2Ti 2:15.