Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

God is onpartydig

God is onpartydig

Vir jongmense

God is onpartydig

Instruksies: Doen hierdie oefening op ’n stil plek. Stel jou voor dat jy deel is van die gebeurtenis terwyl jy die tekste lees. Visualiseer die toneel. Hoor die stemme. Ervaar die emosies van die karakters. Leef jou in die verslag in.

Hoofkarakters: Kornelius, Petrus

Opsomming: Petrus volg God se onpartydigheid na deur vir Kornelius, ’n nie-Jood, te getuig.

1 ONTLEED DIE TONEEL.—LEES HANDELINGE 10:1-35, 44-48.

Beskryf hoe jy dink Kornelius gelyk het.

․․․․․

Hoe dink jy het Kornelius gevoel terwyl hy met die engel gepraat het, soos opgeteken in vers 3 tot 6?

․․․․․

Waaroor dink jy het Kornelius en sy dienaars gesels, as jy na verse 7 en 8 kyk?

․․․․․

2 DELF DIEPER.

Waarom was die illustrasie in vers 10 tot 16 wat vir Petrus gegee is, so goed? (Leidraad: Dink aan Petrus se agtergrond as ’n Jood, soos aangedui word in vers 14.)

․․․․․

Watter eienskap van Kornelius sien jy in vers 25? Waarom sien ’n mens dalk selde hierdie eienskap in iemand met sy posisie? (Leidraad: Sien vers 1.)

․․․․․

Gebruik die navorsingsmiddele wat jy het om uit te vind hoeveel manne daar in die Italiaanse leërafdeling onder Kornelius se bevel was.

․․․․․

Waarom was die bekering van Kornelius so merkwaardig?

․․․․․

3 PAS TOE WAT JY GELEER HET. SKRYF NEER WAT JY GELEER HET OOR . . . 

Die doeltreffende gebruik van illustrasies.

․․․․․

God se onpartydigheid.

․․․․․

Hoe jy kan wys dat jy ook onpartydig is.

․․․․․

4 WAT OMTRENT HIERDIE VERSLAG IS VIR JOU DIE BETEKENISVOLSTE, EN WAAROM?

․․․․․

AS JY NIE ’N BYBEL HET NIE, KAN JY JEHOVAH SE GETUIES VIR EEN VRA OF DIT AANLYN LEES BY www.watchtower.org