Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 IS DIT ONTWERP?

Die menseliggaam se vermoë om wonde te genees

Die menseliggaam se vermoë om wonde te genees

EEN van die talle meganismes wat menselewe moontlik maak, is die liggaam se vermoë om wonde te genees en beskadigde weefsel te herstel. Hierdie proses begin sodra ’n besering plaasvind.

Dink hieraan: Die genesingsproses word moontlik gemaak deur ’n reeks komplekse selfunksies:

  • Bloedplaatjies kleef vas aan die weefsels rondom die wond en vorm ’n bloedklont om beskadigde bloedvate te verseël.

  • Inflammasie beskerm die wond teen infeksie en verwyder enige dooie weefsel.

  • Binne ’n paar dae begin die liggaam om beskadigde weefsel te vervang, krimp die wond en word beskadigde bloedvate herstel.

  • Laastens word die beskadigde deel deur littekenweefsel herstel en versterk.

Die manier waarop bloed stol, het navorsers geïnspireer om plastiek te ontwikkel wat self kan “genees”. Hierdie plastiek bevat klein, parallelle buisies waarin daar twee chemikalieë is wat “bloei” wanneer die plastiek beskadig word. Wanneer hierdie chemikalieë meng, vorm dit ’n jel wat versprei en die krake en gaatjies toemaak. As die jel stol, vorm dit ’n harde stof wat die plastiek so sterk maak soos wat dit voorheen was. Een navorser het erken dat hierdie sintetiese genesingsproses wat tans ontwikkel word, ’n “mens laat dink aan” die proses wat alreeds in die natuur bestaan.

Wat dink jy? Het die liggaam se vermoë om wonde te genees deur middel van evolusie ontstaan? Of is dit ontwerp?