Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Laat koffie jou cholesterolvlak styg?

Laat koffie jou cholesterolvlak styg?

Laat koffie jou cholesterolvlak styg?

DEUR ONTWAAK!-MEDEWERKER IN BRASILIË

NAVORSERS by die Landbou-universiteit van Wageningen, in Nederland, sê dat jou cholesterolvlak sal styg as jy ongefiltreerde koffie drink.

Die deurslaggewende woord is “ongefiltreerde”. Waarom? Research Reports, ’n nuusbrief van die Nederlandse Organisasie vir Wetenskaplike Navorsing, sê dat koffiebone ’n stof genaamd kafestol bevat wat die cholesterolvlak laat styg. Wanneer warm water direk op die gemaalde koffie gegooi word, word kafestol vrygestel. Dieselfde gebeur wanneer fyngemaalde koffie ’n paar keer in water gekook word, soos met Turkse koffie, of wanneer ’n metaalfilter pleks van ’n papierfilter gebruik word, soos in die geval van ’n dompelaar (plunger). Sonder ’n papierfilter beland die kafestol in die treksel.

Een ongefiltreerde koppie koffie, wat tot vier milligram kafestol kan bevat, kan die cholesterolvlak met ongeveer 1 persent laat styg. Espresso bevat ook kafestol omdat dit sonder ’n papierfilter gemaak word. Maar jou cholesterolvlak sal nie so baie styg as jy ’n klein koffiekoppie gebruik nie. Minder espresso, minder kafestol—miskien net een of twee milligram per koppie. Research Reports waarsku egter dat vyf klein koppies espresso per dag die liggaam se cholesterolvlak met 2 persent kan laat styg.

Die punt is dat koffie wat met ’n papierfilter gemaak word kafestolvry is.