Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

HOU AAN WAAK!

Inflasie styg wêreldwyd al hoe meer – Wat sê die Bybel?

Inflasie styg wêreldwyd al hoe meer – Wat sê die Bybel?

 Die president van die Wêreldbankgroep het in ’n verslag in Junie 2022 gewaarsku: “Die wêreld se ekonomie is al weer in gevaar.” Die verslag het verder gesê dat die pryse van goedere en dienste vinnig toeneem, en op dieselfde tyd het mense minder geld om te spandeer.

 Die Internasionale Monetêre Fonds sê: “Brandstof- en kospryse het baie vinnig gestyg, en dit het mense in armer lande die meeste geraak.”

 Die Bybel help ons om te verstaan hoekom ons sulke moeilike ekonomiese probleme ondervind, hoe ons dit kan hanteer en watter hoop daar vir ’n permanente oplossing is.

Stygende pryse gedurende “die laaste dae”

  •   Die Bybel noem die tyd waarin ons lewe “die laaste dae”. – 2 Timoteus 3:1.

  •   Jesus het gesê dat “skrikwekkende dinge” gedurende hierdie tyd sou gebeur (Lukas 21:11). Mense is bang wanneer pryse baie styg. Mense is bekommerd oor hulle toekoms en of hulle vir hulle gesin sal kan sorg.

  •   Die boek Openbaring het voorspel dat daar stygende kospryse gedurende hierdie tyd sou wees. “Toe het ek iets soos ’n stem . . . hoor sê: ‘Net een skeppie koring vir ’n dagloon en net drie skeppies gars vir ’n dagloon.’” – Openbaring 6:6, Nuwe Afrikaanse Bybelvertaling (1983).

 Om meer uit te vind oor “die laaste dae” en die profesie in die boek Openbaring, kyk na die video Die wêreld het verander vanaf 1914 en lees die artikel “Die vier perderuiters—Wie is hulle?

Die oplossing tot alle ekonomiese probleme

  •   “Hulle sal huise bou en daarin woon, en hulle sal wingerde plant en die vrugte daarvan eet. Hulle sal nie huise bou sodat ander daarin woon nie, en hulle sal nie plant sodat ander dit eet nie.” – Jesaja 65:21, 22.

  •   “Daar sal volop graan op die aarde wees. Op die top van die berge sal daar ’n oorvloed wees.” – Psalm 72:16.

  •   “‘As gevolg van dié wat swaarkry en onderdruk word, as gevolg van die armes wat sug, sal ek opstaan en optree,’ sê Jehovah.” – Psalm 12:5. a

 God sal binnekort ’n einde maak aan onregverdige ekonomiese toestande, nie net in een land nie, maar regoor die wêreld. Om te sien hoe hy dit gaan doen, lees die artikel “Is ’n regverdige ekonomiese stelsel moontlik?

 Maar die Bybel kan jou selfs vandag help al raak pryse net al hoe hoër. Op watter manier? Dit bevat praktiese raad oor hoe om slim met jou geld te werk (Spreuke 23:4, 5; Prediker 7:12). Om meer te leer, lees die artikels “Beskerm jou geld en besittings” en “Hoe om met minder geld klaar te kom”.

a Jehovah is die persoonlike naam van God. – Psalm 83:18.