18 APRIL 2025 | BYGEWERK: 10 JUNIE 2025
RUSLAND
Suster Wladlena Koekawitsa
JONGSTE NUUS – UITSPRAAK ONGELDIG VERKLAAR | ‘Jehovah gebruik dié wat vir hom lief is om vir my te sorg’
Op 10 Junie 2025 het die Hof van die Joodse selfregerende streek suster Wladlena Koekawitsa se uitspraak ongeldig verklaar. Haar saak sal nou herverhoor word.
Op 10 April 2025 het die Birobidzjan-distrikshof van die Joodse selfregerende streek suster Wladlena Koekawitsa skuldig bevind en haar ’n opgeskorte tronkvonnis van ses jaar gegee. Sy hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.
Profiel
Ons is oortuig dat Jehovah ’n skild rondom ons is gedurende ons moeilike tye en dat hy vir ons die hulp gee wat ons nodig het om te volhard. – Psalm 3:3.