Jeremia 38:1-28

  • Jeremia in reënput gegooi (1-6)

  • Ebed-Meleg red Jeremia (7-13)

  • Jeremia spoor Sedekia aan om oor te gee (14-28)

38  En Sefatʹja, die seun van Mattan, Gedalʹja, die seun van Pasgur, Jugal,+ die seun van Selemʹja, en Pasgur,+ die seun van Malkiʹa, het gehoor toe Jeremia vir die hele volk sê:  “Dít is wat Jehovah sê: ‘Die mense wat in hierdie stad bly, sal deur die swaard, hongersnood en vreeslike siektes+ sterf. Maar die lewens van die mense wat hulle aan die Galdeërs oorgee,* sal gespaar word, en hulle sal bly lewe.’+  Dít is wat Jehovah sê: ‘Hierdie stad sal beslis aan die leërmag van die koning van Babilon oorgelewer word, en hy sal dit inneem.’”+  Die leiers het vir die koning gesê: “Laat hierdie man asseblief doodgemaak word,+ want met hierdie woorde verswak hy die moed* van die soldate wat in hierdie stad oorbly sowel as die moed van die hele volk. Want hierdie man wil nie vrede vir hierdie volk hê nie, maar rampspoed.”  Koning Sedekiʹa het geantwoord: “Hy is in julle hande, want die koning kan niks doen om julle te keer nie.”  Hulle het Jeremia toe geneem en hom gegooi in die reënput van Malkiʹa, die seun van die koning, wat in die Voorhof van die Wagte was.+ Hulle het Jeremia met toue laat afsak. Daar was geen water in die reënput nie, net modder, en Jeremia het in die modder begin wegsink.  Ebed-Meleg,+ die Etiopiër, ’n eunug* in die koning se paleis,* het gehoor dat hulle Jeremia in die reënput gesit het. Die koning het in die Benjamin-poort gesit,+  en daarom het Ebed-Meleg uit die koning se paleis* gegaan en met die koning gaan praat en gesê:  “O my heer die koning, hierdie manne het ’n baie slegte ding aan Jeremia die profeet gedoen! Hulle het hom in die reënput gegooi, en hy sal daar sterf weens die hongersnood, want daar is nie meer brood in die stad oor nie.”+ 10  Toe het die koning Ebed-Meleg, die Etiopiër, beveel en gesê: “Neem hiervandaan 30 manne saam met jou, en trek Jeremia die profeet uit die reënput op voordat hy sterf.” 11  Ebed-Meleg het dus die manne saam met hom geneem en in die koning se paleis* ingegaan, na ’n plek onder die skatkamer,+ en hulle het daar ’n paar ou lappe en ou stukke materiaal geneem en dit met toue na Jeremia in die reënput laat afsak. 12  Toe het Ebed-Meleg, die Etiopiër, vir Jeremia gesê: “Sit asseblief die lappe en die stukke materiaal tussen jou armholtes en die toue.” Jeremia het dit gedoen, 13  en hulle het Jeremia met die toue opgetrek en hom uit die reënput uitgehaal. En Jeremia het in die Voorhof van die Wagte gebly.+ 14  Koning Sedekiʹa het Jeremia die profeet na hom toe laat kom by die derde ingang, wat in die huis van Jehovah is, en die koning het vir Jeremia gesê: “Ek wil jou iets vra. Moet niks vir my wegsteek nie.” 15  Jeremia het toe vir Sedekiʹa gesê: “As ek u vertel, sal u my beslis doodmaak. En as ek vir u raad gee, sal u nie na my luister nie.” 16  Toe het koning Sedekiʹa in die geheim vir Jeremia gesweer en gesê: “So waar as wat Jehovah lewe, wat vir ons lewe gegee het, ek sal jou nie doodmaak nie, en ek sal jou nie oorlewer aan hierdie manne wat jou wil doodmaak nie.” 17  Jeremia het toe vir Sedekiʹa gesê: “Dít is wat Jehovah, die God van die leërmagte, die God van Israel, sê: ‘As jy jou oorgee aan* die bevelvoerders van die koning van Babilon, sal jou lewe gespaar word en sal hierdie stad nie met vuur verbrand word nie, en jy en jou huisgesin sal gespaar word.+ 18  Maar as jy jou nie oorgee aan* die bevelvoerders van die koning van Babilon nie, dan sal hierdie stad aan die Galdeërs oorgelewer word, en hulle sal dit met vuur verbrand,+ en jy sal nie uit hulle hand ontsnap nie.’”+ 19  Toe het koning Sedekiʹa vir Jeremia gesê: “Ek is bang vir die Jode wat na die Galdeërs oorgeloop het, want as ek aan hulle oorgelewer word, sal hulle my dalk wreed behandel.” 20  Maar Jeremia het gesê: “U sal nie aan hulle oorgelewer word nie. Gehoorsaam asseblief die stem van Jehovah deur te doen wat ek vir u sê, en dit sal met u goed gaan, en u sal bly lewe. 21  Maar Jehovah het aan my geopenbaar wat sal gebeur as u weier om u oor te gee:* 22  Al die vrouens wat in die paleis* van die koning van Juda oorbly, word na die bevelvoerders van die koning van Babilon uitgelei,+ en hulle sê: ‘Die manne wat u vertrou het,* het u bedrieg en die oorhand oor u gekry.+ Hulle het u voet in die modder laat sink. Nou het hulle weggedraai en teruggetrek.’ 23  En hulle lei al u vrouens en al u kinders uit na die Galdeërs, en u sal nie uit hulle hand ontsnap nie, maar u sal deur die koning van Babilon gevange geneem word,+ en as gevolg van u sal hierdie stad met vuur verbrand word.”+ 24  Sedekiʹa het toe vir Jeremia gesê: “Moenie dat enigiemand van hierdie dinge uitvind nie, anders gaan jy doodgemaak word. 25  En as die leiers hoor dat ek met jou gepraat het en hulle vir jou kom sê: ‘Sê asseblief vir ons wat jy vir die koning gesê het. Moet vir ons niks wegsteek nie, dan sal ons jou nie doodmaak nie.+ Wat het die koning vir jou gesê?’ 26  Dan moet jy vir hulle sê: ‘Ek het die koning versoek om my nie na die huis van Joʹnatan terug te stuur om daar te sterf nie.’”+ 27  Later het al die leiers na Jeremia toe gekom en hom ondervra. Hy het vir hulle alles gesê wat die koning hom beveel het om te sê. Toe het hulle vir hom niks verder gesê nie, want niemand het die gesprek gehoor nie. 28  Jeremia het in die Voorhof van die Wagte gebly+ tot die dag dat Jerusalem ingeneem is. Hy was nog steeds daar toe Jerusalem ingeneem is.+

Voetnote

Lett. “wat na die Galdeërs uitgaan”.
Lett. “hande”.
Of “hofbeampte”.
Lett. “huis”.
Lett. “huis”.
Lett. “huis”.
Lett. “jy uitgaan na”.
Lett. “jy nie uitgaan na”.
Lett. “om uit te gaan”.
Lett. “huis”.
Lett. “Die manne van u vrede”.