Spring na inhoud

Néver Antonio Cavadía en sy vrou, Lety. Hy het die Bybel studeer terwyl hy in die tronk was en nou dien hy as ’n gemeentelike ouerman.

26 APRIL 2019
COLOMBIA

Jehovah se Getuies in Colombia ontvang erkenning vir hulle Bybelonderrigtingswerk in die tronk

Jehovah se Getuies in Colombia ontvang erkenning vir hulle Bybelonderrigtingswerk in die tronk

’n Bybelstudieklas word in die Barranquilla-tronk gehou.

Ons broers in Colombia bied al vir meer as 20 jaar gratis Bybelonderrigting vir mense in die tronk aan. Op 30 November 2018 het die Paulo Freire-onderrigsentrum ’n sertifikaat van erkenning aan Jehovah se Getuies gegee vir hulle Bybelonderrigtingswerk wat hulle in ’n tronk in Valledupar doen. Daar is op die oomblik 50 mense in die tronk wat die Bybelklasse bywoon.

Jehovah se Getuies in Colombia hou Bybelklasse in 65 tronke, waar hulle 782 Bybelstudies hou. Van 1996 af is 60 persone al gedoop.

Die sertifikaat van die Paulo Freire-onderrigsentrum wat die voordele van die Bybelonderrigtingswerk in die tronk in Valledupar erken.

Néver Antonio Cavadía het ’n Bybelstudie aanvaar terwyl hy in die tronk was en hy is in 1998 gedoop. Later, in 2007, is hy uit die Valledupar-tronk vrygelaat. Hy het die volgende gesê oor die voordele van wat hy geleer het: “Terwyl ek in die tronk was, het Bybelbeginsels my beskerm en my gehelp om wyse praktiese besluite te neem. Dit het my ook gemotiveer om groot veranderinge in my lewe te maak en om nooit hoop op te gee nie.”

Regoor die wêreld probeer Jehovah se Getuies om mense in tronke te kontak en vir hulle te preek, want ons weet dat dit Jehovah se wil is “dat alle soorte mense gered moet word en tot juiste kennis van die waarheid moet kom.” – 1 Timoteus 2:4.