Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

ONS BESKOU DIE WÊRELD

Die gesin in die kollig

Die gesin in die kollig

Gesinne kom voor baie uitdagings te staan, maar die Bybel se tydlose wysheid kan hulle help om dit suksesvol die hoof te bied en te floreer.

Afrika

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie moet moeders hulle babas binne ’n uur van geboorte begin borsvoed en daarna ses maande lank net borsvoed. Ondanks hierdie aanbeveling beweer valse advertensies nog steeds dat “melkformule net so goed soos borsmelk is”, het UNICEF se Voedingsraadgewer vir Oos- en Suider-Afrika gesê.

WAT DIE BYBEL SÊ: “Iemand wat onervare is, glo elke woord, maar die skerpsinnige gee ag op sy voetstappe.”—Spreuke 14:15.

Kanada

Navorsers in Montreal beweer dat kinders wat outoritêre ouers het—ouers wat streng reëls neerlê, maar min liefde betoon—se kanse om aan vetsug te ly, 30 persent groter is as kinders wie se ouers ’n balans tussen liefde en dissipline behou.

HET JY GEWEET? Die voordeligste manier om kinders groot te maak, is eeue gelede in die Bybel uiteengesit.Kolossense 3:21.

Nederland

In ’n studie van Nederlandse gesinne waarin albei ouers werk, is daar bevind dat ouers wat hulle werksrol en gesinrol apart hou, beter interaksie met hulle kinders het as ouers wat toelaat dat hulle werk met gesinsverantwoordelikhede inmeng. Byvoorbeeld, as ouers hulle werk en gesinslewe probeer meng deur ná werksure werkverwante oproepe van die huis af te maak, kan dit daartoe lei dat hulle hulle kinders nie die nodige aandag gee nie.

IETS OM OOR TE DINK: “Vir alles is daar ’n vasgestelde [goeie] tyd.”Prediker 3:1.