Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Tulpe het hulle aan die lewe gehou

Tulpe het hulle aan die lewe gehou

Tulpe het hulle aan die lewe gehou

GEDURENDE die laaste maande van die Tweede Wêreldoorlog in Europa het ’n Nazi-blokkade alle voedselbesendings via waterweë na die groot stede in die weste van Nederland gekeer. Die gevolge was verwoestend, soos baie kan getuig wat gedurende daardie tydperk gelewe het.

’n Mens het gewoonlik ongeveer 6 700 tot 11 700 kilojoule per dag nodig. Maar teen April 1945 het party van dié in Amsterdam, Delft, Den Haag, Leiden, Rotterdam en Utrecht op daaglikse rantsoene van tussen 2 100 en 2 500 kilojoule per dag geleef. As gevolg hiervan het ten minste 10 000 burgers glo gedurende die Hongerwinter van 1944/45 weens ondervoeding gesterf.

Volgens die oorlewende Susan Monkman het haar gesin tulpbolle begin eet. “Die tulpbolle het ongelooflike skerp rande gehad”, sê Monkman. “Dit het net nie sag geword nie, ongeag hoe lank dit gekook is. Ons was nietemin tevrede om dit stadig en versigtig te kou. Ons het daarna dae lank keelseer gehad.” Om die irritasie te help verminder, is ’n paar wortels of ’n suikerbeet, as dit beskikbaar was, met die bolle gemeng.

’n Porsie van 100 gram tulpbolle bevat sowat 620 kilojoule, 3 gram proteïene, 0,2 gram vet en 32 gram koolhidrate. Die onsmaaklike dieet van tulpbolle kon dus baie Nederlanders van uithongering red.

Die mens se verskriklike wreedheid teenoor sy medemens, voorbeelde wat onuitwisbaar in die verstand van baie ingeprent is, lig toe hoe bitter graag die mens die vervulling van hierdie Bybelbelofte wil sien: “Daar is nuwe hemele en ’n nuwe aarde wat ons volgens [God se] belofte verwag, en in hulle sal regverdigheid woon.”—2 Petrus 3:13.

[Foto-erkenning op bladsy 16]

Internationaal Bloembollen Centrum, Holland