Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Raserige sneeu

Raserige sneeu

Raserige sneeu

WETENSKAPLIKES het ontdek dat elke sneeuvlokkie, wanneer dit op water val, ’n geluid maak wat onhoorbaar vir die mens is. Soos die geloei van ’n naderende brandweerwa bereik hierdie geluid ’n klimaks en sterf dan weg, alles in ongeveer een tienduisendste van ’n sekonde.

’n Reëndruppel of ’n haelsteen gaan deur die wateroppervlak, maar die ligter sneeuvlokkie dryf bo-op. Maar spoedig smelt dit en hoor ’n mens ’n “geloei”, waarna hierbo verwys word. Dit is ongeveer 15 jaar gelede opgemerk, maar die onderwerp is nie verder gevoer nie. In onlangser jare het die geraas egter ’n steurnis vir bioloë in Alaska geword wat sonar gebruik om migrerende salm op te spoor. Wanneer die agtergrondgeraas van vallende sneeu seine van die visse verdof, moet die monitorsessie gestaak word. Wat is die oorsaak van hierdie verskynsel?

Die tydskrif New Scientist verduidelik dat daar min geraas onder die vlokkie is terwyl dit bo-op die water dryf. Maar sodra die vlokkie begin smelt, word water deur kapillêre werking opgesuig. Dit is dalk op hierdie stadium dat lugblasies moontlik deur die vlokkie vrygestel of deur die stygende water vasgevang word. Elke blasie vibreer terwyl dit sukkel om ’n ewewig met die omgewing te bereik, en in die proses bring die blasie klankgolwe voort, amper soos die gelui van ’n klok—maar teen ’n baie hoër toonhoogte.

[Foto-erkenning op bladsy 31]

Snow Crystals/Dover