Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

HOU AAN WAAK!

Godsdiens en die oorlog in Oekraïne – Wat sê die Bybel?

Godsdiens en die oorlog in Oekraïne – Wat sê die Bybel?

 Kyk na die volgende aanhalings oor belangrike godsdiensleiers en die oorlog in Oekraïne:

  •   “Die hoof van die Russies-Ortodokse Kerk, patriarg Kirill, het dit wat Rusland doen, nie gekritiseer nie. . . . Sy Kerk het aangehou om valse stories oor Oekraïne te versprei, en Putin het hierdie stories gebruik om die oorlog goed te praat.” – EUobserver, 7 Maart 2022.

  •   “Patriarg Kirill . . . het Rusland se optrede teen Oekraïne sterk verdedig deur te sê dat hierdie konflik help om teen sonde te veg.” – AP News, 8 Maart 2022.

  •   “Die leier van die Oekraïense Ortodokse Kerk, aartsbiskop Epiphanius I van Kjif, het op Maandag sy volgelinge geseën om te ‘veg teen die Russiese soldate’ . . . [Hy] het ook gesê dat dit nie ’n sonde is om Russiese soldate dood te maak nie.” – Jerusalem Post, 16 Maart 2022.

  •   “Ons [die Oekraïense Raad van Kerke en Godsdiensorganisasies (UCCRO)] ondersteun die Weermag van Oekraïne en al die mense wat veg om ons land te verdedig. Ons seën hulle pogings om Oekraïne teen die vyand te verdedig, en ons bid vir hulle.” – Verklaring deur UCCRO, a 24 Februarie 2022.

 Wat dink jy? Moet godsdienste wat sê dat hulle Jesus Christus volg, hulle volgelinge aanmoedig om oorlog te gaan voer? Wat sê die Bybel?

Die geskiedenis van godsdiens en oorlog

 Die geskiedenis wys dat godsdiens dikwels oorlog goedgekeur, geregverdig en selfs bevorder het terwyl hulle gemaak het asof hulle vrede nastreef. Jehovah se Getuies het al jare lank ander gehelp om te sien dat dit skynheilig is. Kyk na ’n paar voorbeelde wat in ons publikasies genoem is.

Moet Christelike godsdienste oorlog ondersteun?

 Wat Jesus ander geleer het: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself” (Matteus 22:39). “Hou aan om julle vyande lief te hê.” – Matteus 5:44-47.

 Dink hieraan: Kan ’n godsdiens sê dat hulle Jesus se bevele oor liefde gehoorsaam terwyl hulle op dieselfde tyd hulle volgelinge aanmoedig om ander in oorlog dood te maak? Vir die antwoord, lees die artikels “Ware Christene en oorlog” en “Is dit moontlik om jou vyande lief te hê?

 Wat Jesus gesê het: “My Koninkryk is geen deel van hierdie wêreld nie. As my Koninkryk deel van hierdie wêreld was, sou my volgelinge geveg het sodat ek nie . . . oorgelewer word nie” (Johannes 18:36). “Almal wat die swaard gebruik, sal met die swaard doodgemaak word.” – Matteus 26:47-52.

 Dink hieraan: As Christene nie geveg het om selfs vir Jesus te beskerm nie, moet hulle vir enige ander rede veg? Om uit te vind hoe die vroeë Christene Jesus se voorbeeld en leringe getrou gevolg het, lees die artikel “Is oorlog versoenbaar met die Christelike godsdiens?

Wat sal met godsdienste gebeur wat oorlog bevorder?

 Die Bybel wys dat God godsdienste verwerp wat sê dat hulle Jesus verteenwoordig, maar nie sy leringe volg nie. – Matteus 7:21-23; Titus 1:16.

  •   Die boek Openbaring wys dat God sulke godsdienste verantwoordelik hou vir die dood “van almal wat op die aarde doodgemaak is” (Openbaring 18:21, 24). Om uit te vind hoekom, lees die artikel “Wat is Babilon die Grote?

  •   Jesus het gewys dat alle godsdienste wat deur God verwerp is, vernietig sal word vir die slegte dinge wat hulle gedoen het. Hulle is net soos ’n slegte boom wat vrot vrugte dra, en wat “afgekap en in die vuur gegooi” moet word (Matteus 7:15-20). Lees die artikel “Die einde van valse godsdiens is op hande!” om uit te vind hoe dit sal gebeur.

Foto-erkennings, van links na regs: Photo by Sefa Karacan/Anadolu Agency/Getty Images; Maxym Marusenko/NurPhoto via Getty Images

a Die UCCRO, of die Oekraïense Raad van Kerke en Godsdiensorganisasies, sluit 15 kerke in. Dit verteenwoordig die Ortodokse, Grieks- en Rooms-Katolieke, Protestantse en Evangeliese Kerke sowel as Jode en Moslems.