Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 68

Saai die Koninkryksaad

Saai die Koninkryksaad

(Matteus 13:​4-8)

  1. 1. Neem deel aan die werk van ons Meester;

    gehoorsaam hom, doen wat hy vra.

    Hy bied jou sy hulp en sy leiding

    om Koninkryksnuus uit te dra.

    Die saadjies van waarheid groei en dra vrug

    in harte opreg en getrou.

    Om hulle te vind, wil jy deeglik getuig

    en jou ywer in dié werk behou.

  2. 2. Sukses in die werk en jou ywer

    hou dikwels verband met mekaar.

    Die mense wat luister, moet hulp kry

    om waarheid te leer en aanvaar.

    Ja, twyfel en druk sal hul ondervind,

    maar help hul om hierteen te stry.

    En dan sal jy sien hoe die saadjies bly groei;

    jy sal elke dag meer vreugde kry.