Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 69

Voorwaarts, preek getrou oor die Koninkryk!

Voorwaarts, preek getrou oor die Koninkryk!

(2 Timoteus 4:5)

  1. 1. Die Koninkryk moet ons verkondig

    aan mense die wêreld deur.

    Met harte vol liefde vir naaste

    help ons hul die waarheid leer.

    Ons diens aan ons God is ’n voorreg.

    Versprei God se woord met genot.

    Gaan uit in die veld met groot ywer;

    getuig oor die naam van ons God.

    (REFREIN)

    Voorwaarts, preek getrou oor

    God se Koninkryk in elke land.

    Voorwaarts, staan nou vasbeslote

    en lojaal aan God se kant.

  2. 2. Gesalfdes asook ander skape

    gaan yw’rig in eenheid voort.

    Die oues en jonges tesame,

    bly trou by ons God se Woord.

    Die nuus oor ons God se regering

    is iets wat die mensdom moet hoor.

    Ons preek in die krag van Jehovah,

    en ons sal dus nooit moed verloor!

    (REFREIN)

    Voorwaarts, preek getrou oor

    God se Koninkryk in elke land.

    Voorwaarts, staan nou vasbeslote

    en lojaal aan God se kant.