Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 34

Ek sal lojaal bly

Ek sal lojaal bly

(Psalm 26)

  1. 1. Deursoek my, Heer, sien hoe ek u vertrou;

    ek bly aan u lojaal, sal my geloof behou.

    Deursoek my, God, en stel my op die proef;

    ja, suiwer ook my hart, ek wil u nie bedroef.

    (REFREIN)

    Ek bly getrou, want ek het vas besluit

    om u lojaal te dien, ja, tot in ewigheid.

  2. 2. Ek sit nie saam met dié wat leuentaal praat;

    vermy die vriendskap van dié wat die waarheid haat.

    Ek vra u, God, neem nooit my lewe weg

    met sondaars en met dié wat bloed vergiet en veg.

    (REFREIN)

    Ek bly getrou, want ek het vas besluit

    om u lojaal te dien, ja, tot in ewigheid.

  3. 3. My hart begeer om in u huis te woon.

    Ek vra dat u, o Heer, aan my u guns betoon.

    En ek sal daagliks om u altaar gaan,

    my dank sal ek betoon solank as ek bestaan.

    (REFREIN)

    Ek bly getrou, want ek het vas besluit

    om u lojaal te dien, ja, tot in ewigheid.

(Sien ook Ps. 25:2.)