Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

STUDIE 5

Akkurate voorlesing

Akkurate voorlesing

1 Timoteus 4:13

WAT JY MOET DOEN: Lees presies wat op die bladsy staan.

HOE OM DIT TE DOEN:

  • Berei goed voor. Dink aan die gedeelte wat jy gaan lees en waarom dit geskryf is. Oefen om woordgroepe te lees en nie net individuele woorde nie. Maak seker dat jy nie woorde byvoeg, oorslaan of een woord met ’n ander vervang nie. Let op alle leestekens.

  • Spreek elke woord reg uit. As jy nie weet hoe om ’n woord uit te spreek nie, kan jy dit in ’n woordeboek opsoek, na ’n oudio-opname van die publikasie luister of ’n goeie leser vra om jou te help.

  • Praat duidelik. Spreek jou woorde duidelik uit, lig jou kop op en maak jou mond wyd oop. Probeer om elke lettergreep uit te spreek.