Leer hoe om beter te lees en onderrig

Hierdie publikasie is ontwerp om jou te help om te verbeter in openbare voorlesing en in jou spreek- en onderrigvermoë.

’n Brief van die Bestuursliggaam

Ons leer mense die belangrikste boodskap wat nog ooit aan die mens gegee is.

STUDIE 1

’n Goeie inleiding

’n Goeie inleiding bereik drie doelwitte.

STUDIE 2

Natuurlik maar respekvol

Om op ’n natuurlike maar respekvolle manier te praat, sal jou gehoor op hulle gemak laat voel en hulle help om jou boodskap te aanvaar.

STUDIE 3

Gebruik van vrae

Vrae taktvolle vrae om persone se belangstelling te wek en te behou en om hoofpunte te beklemtoon.

STUDIE 4

Tekste behoorlik ingelei

Leer hoe jy diegene wat na jou luister verstandelik kan voorberei voordat jy ’n teks lees

STUDIE 5

Akkurate voorlesing

Akkurate voorlesing is ’n belangrike manier om ander van Jehovah te leer.

STUDIE 6

Toepassing van tekste duidelik gemaak

Help jou gehoor om die verband te sien tussen die teks wat jy lees en die punt wat jy maak.

STUDIE 7

Akkuraat en oortuigend

Akkurate en oortuigende bewyse sal jou gehoor help om tot die regte slotsom te kom.

STUDIE 8

Leersame illustrasies

Maak jou onderrigting leersamer deur eenvoudige illustrasies te gebruik wat belangrike lesse leer en die hart van jou gehoor sal bereik.

STUDIE 9

Gepaste gebruik van visuele hulpmiddele

Gebruik visuele hulpmiddele om jou gehoor te help om die les te onthou.

STUDIE 10

Modulasie

Wissel jou tempo, toonhoogte en stemsterkte af om jou gehoor se hart te bereik en hulle aan te spoor om op te tree.

STUDIE 11

Entoesiasme

Entoesiasme wys dat jy oortuig is van wat jy sê en help om jou gehoor se aandag te behou.

STUDIE 12

Hartlikheid en empatie

As jy opreg is wanneer jy praat, wys jy vir diegene wat na jou luister dat jy omgee.

STUDIE 13

Praktiese waarde duidelik gemaak

Help jou gehoor om te verstaan hoe die onderwerp hulle lewe raak, en wys hoe hulle kan toepas wat hulle leer.

STUDIE 14

Hoofpunte duidelik gemaak

Help jou gehoor om jou toespraak te volg, en maak dit duidelik hoe elke hoofpunt verband hou met die doel en tema van jou toespraak.

STUDIE 15

Praat met oortuiging

Praat met oortuiging. Wys dat jy heeltemal oortuig is dat wat jy sê belangrik is.

STUDIE 16

Opbouend en positief

Wees opbouend eerder as krities. Vestig die aandag op die opbouende waarhede in God se Woord.

STUDIE 17

Verstaanbaar vir ander

Help jou gehoor om jou boodskap te verstaan. Maak seker dat jou hoofpunte duidelik is.

STUDIE 18

Leersaam vir jou gehoor

Help jou gehoor om oor die onderwerp te dink en iets betekenisvols te leer.

STUDIE 19

Probeer om die hart te bereik

Motiveer jou gehoor om God en sy Woord, die Bybel, lief te hê.

STUDIE 20

’n Goeie slot

’n Goeie slot sal jou gehoor motiveer om dit wat hulle geleer het te aanvaar en toe te pas.

My vordering

Jy kan hierdie vorm gebruik om te sien hoe jy vorder terwyl jy leer hoe om ’n beter leser en onderrigter te word.

Jy sal dalk ook hiervan hou

VIDEOREEKS

Leer hoe om beter te lees en onderrig – Video’s

Ontwikkel die nodige vaardighede om ’n beter openbare leser en onderrigter te word.