Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

STUDIE 10

Modulasie

Modulasie

Spreuke 8:4, 7

WAT JY MOET DOEN: Dra gedagtes duidelik oor en bereik die hart van diegene wat na jou luister deur jou stemsterkte, toonhoogte en tempo af te wissel.

HOE OM DIT TE DOEN:

  • Wissel jou stemsterkte af. Praat ’n bietjie harder om hoofpunte te beklemtoon en om jou gehoor aan te spoor. Doen dieselfde wanneer jy oordeelsboodskappe uit die Bybel lees. Praat sagter om afwagting te skep of om gevoelens van vrees of angs oor te dra.

  • Wissel jou toonhoogte af. As dit gepas is in jou taal, kan jy met ’n hoër toonhoogte praat om entoesiasme oor te dra of om grootte of afstand aan te dui. Praat met ’n laer toonhoogte om gevoelens van hartseer en angs oor te dra.

  • Wissel jou tempo af. Praat vinniger as jy wil hê dat jou gehoor opgewonde moet wees. Praat stadiger wanneer jy belangrike punte noem.