Spring na inhoud

4 NOVEMBER 2014
GRIEKELAND

Nuusdekking van internasionale byeenkomste: Olimpiese stadion in Griekeland verwelkom Jehovah se Getuies

Nuusdekking van internasionale byeenkomste: Olimpiese stadion in Griekeland verwelkom Jehovah se Getuies

Samuel Herd (regs), ’n lid van die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies, het elke dag afgesluit met ’n Bybeltoespraak wat in Grieks getolk is.

Die geleentheid het ook ’n doopplegtigheid op Saterdag 28 Junie ingesluit; altesaam 337 mense, 305 in Griekeland en 32 in Siprus, is gedoop.

ATENE, Griekeland—Jehovah se Getuies in Griekeland het op 27-29 Junie 2014 die “Hou aan om eers God se Koninkryk te soek!”- internasionale byeenkoms by die Olimpiese Atletieksentrum van Atene gehou, waar die Olimpiese Spele van 2004 plaasgevind het. ’n Gehoor van 35 863 Bybelstudente het by die stadion bymekaargekom. Nog 3 093 mense in België en Siprus kon via videoverbinding sekere dele van die program geniet. Die bywoningshoogtepunt was dus 38 956.

Die byeenkomsgangers het afgevaardigdes uit Hongarye, Korea, Kroasië, Roemenië, Suid-Afrika, Turkye en die Verenigde State ingesluit. Christina Michail, die bestuurder van die hoof- Olimpiese stadion, het gesê: “Dit was wonderlik om mense van soveel rasse uit verskillende lande te sien wat saam sit en saam foto’s neem; en ek het gehou van die liefdevolle atmosfeer . . . Dit is werklik merkwaardig. Ons het nie gewoonlik sulke ondervindinge by hierdie stadion nie. Gewoonlik het ons sportliefhebbers en spanondersteuners hier, en hulle gedrag is baie anders; dit is waarom hierdie toneel ons so beïndruk en bly maak.”

Byeenkomsgangers in die Olimpiese Atletiekstadion van Atene.

Robert Kern, ’n woordvoerder vir die takkantoor van Jehovah se Getuies in Griekeland, het bygevoeg: “Ons het honderde briewe ontvang wat waardering vir die program uitspreek, asook vir die geleentheid om hierdie ondervinding saam met ons internasionale broederskap te geniet. Dit was wonderlik om soveel mede-aanbidders uit ander lande vir hierdie onvergeetlike geleentheid saam met ons te hê.”

Mediaverteenwoordiger(s):

Internasionaal: J.R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000

Griekeland: Babis Andreopoulos, tel. +30 210 617 8606

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000