Spring na inhoud

Fotogallery 1 van Wallkill (Julie 2013 tot Oktober 2014)

Fotogallery 1 van Wallkill (Julie 2013 tot Oktober 2014)

Jehovah se Getuies is besig om hulle fasiliteite in Wallkill, New York, uit te brei en op te knap. Hierdie fotogallery toon van die werk wat tussen Julie 2013 en Oktober 2014 plaasgevind het. Daar word beplan om die projek teen November 2015 te voltooi.

Lugfoto van die Wallkill-kompleks op 21 Oktober 2013.

  1. Voermeul (verwyder in Januarie 2014)

  2. Bykomende wassery- en droogskoonmaakfasiliteite

  3. Eetsaal

  4. Woongebou E

  5. Dienstegebou

  6. Drukkery

  7. Shawangunk Kill (stroom)

12 Julie 2013​—Bykomende wassery- en droogskoonmaakfasiliteite

’n Hyskraan sit panele vir die buitemuur op die regte plek. Hierdie panele is vooraf op die terrein vervaardig.

19 Julie 2013​—Woongebou E

Werkers installeer ’n veselversterkte polimeerstrook in ’n voorbereide groef in die bestaande Dox Plank-betonvloer. Ongeveer 7 600 meter koolstofveselmateriaal is gebruik om die gebou meer bestand te maak teen aardbewings.

5 Augustus 2013​—Woongebou E

’n Baksteenmuur word herstel.

30 Augustus 2013​—Bykomende wassery- en droogskoonmaakfasiliteite

Die staalraamwerk vir die nuwe meganiese gereedskapkamer word geïnstalleer.

17 September 2013​—Woongebou E

’n Dakdekker knip die nuwe dakmembraan.

15 Oktober 2013—Woongebou E

Werkers maak seker dat geen lugborrels agter die veselversterkte polimeerstrook vasgevang is nie. As daar wel lugborrels is, word bykomende polimeerstroke geïnstalleer.

15 November 2013​—Bykomende wassery- en droogskoonmaakfasiliteite

Die werk aan die dak sluit die installering van ’n nuwe suigwaaier in.

9 Desember 2013​—Woongebou E

’n Spesiale kleefstof word in krakies in die Dox Plank ingespuit. Dit het omtrent ’n jaar en ’n half geneem om die gebou meer bestand te maak teen aardbewings.

11 Desember 2013—Bykomende wassery- en droogskoonmaakfasiliteite

’n Werker tref voorbereidings om ’n nuwe stelsel te installeer wat van vuilwater ontslae raak.

10 Januarie 2014—Voermeul

Die graansuier wat hier verwyder word, is van die 1960’s tot omstreeks 2008 gebruik. Dit het in onbruik verval toe die plaas by Wallkill nie meer hoenders, melkkoeie of varke gehad het nie.

22 Januarie 2014—Dienstegebou

Die sitplekke word uitgehaal sodat die ouditorium heeltemal opgeknap kan word.

29 Januarie 2014—Voermeul

Hierdie graanhouers is gebruik om veevoer te berg.

3 Maart 2014—Drukkery

Die Tegniese Opleiding-afdeling se nuwe tuiste word voorberei.

4 Julie 2014​—Dienstegebou

’n Sweiser versterk een van die gebou se kolomme.

19 September 2014​—Eetsaal (Woongebou E)

Matte word gelê in die gedeelte wat voorheen gebruik is om maaltye vir konstruksiewerkers te voorsien.

22 September 2014​—Woongebou E

Werk word gedoen aan die pleisterbord op die grondverdieping van hierdie gebou.

24 September 2014​—Dienstegebou

Staalstawe word geïnstalleer vir die skag van die nuwe hysbak.

2 Oktober 2014—Eetsaal (Woongebou E)

Noudat die eetsaal uitgebrei is, is dit groot genoeg vir 1 980 sitplekke.

22 Oktober 2014—Dienstegebou

Uitgrawings word gedoen sodat die voet van ’n bestaande pilaar vergroot kan word. Dit sal help om die gebou meer bestand te maak teen aardbewings.