DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Hou aan om die tydskrifte te gebruik
Sedert 2018 bespreek elke nommer van ons openbare tydskrifte net een onderwerp. Al daardie tydskrifte is deel van ons Gereedskapskissie vir Onderrigting. Daarom kan ons dit in die bediening gebruik. Ons kan ook ’n paar van hierdie verskillende tydskrifte saam met ons vat wanneer ons reis of inkopies doen. Ons gebruik nie hierdie tydskrifte om die Bybel met mense te studeer nie, maar dit kan iemand se belangstelling stimuleer om meer oor God te wil leer.
Nadat jy ’n gesprek begin het, kan jy ’n Bybelvers met die persoon deel en een van die onderwerpe in ’n tydskrif noem waarin hy dalk sal belangstel. Byvoorbeeld, as hy kinders het of ’n hartseer of stresvolle tyd deurmaak, kan jy dalk sê: “Ek het onlangs ’n goeie artikel daaroor gelees. Kan ek dit vir jou wys?” As dit lyk of die persoon belangstel, kan jy vir hom ’n gedrukte tydskrif gee of dit vir hom elektronies stuur, al is dit die eerste besoek. Al is dit nie ons doel om net lektuur te plaas nie, kan die tydskrifte ons help om dié te vind wat bereid is om te reageer op dit wat hulle leer. – Han 13:48.
2018
2019
2020
In watter onderwerpe stel mense in julle gebied belang?