Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

‘Bly in my woord’

‘Bly in my woord’

‘Bly in my woord’

“As julle in my woord bly, is julle werklik my dissipels, en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.”—JOHANNES 8:31, 32.

Wat dit beteken: Jesus se “woord” verwys na sy leringe, wat van ’n hoër bron gekom het. “Die Vader wat my gestuur het, het vir my ’n gebod gegee oor wat om te sê en wat om te spreek”, het Jesus gesê (Johannes 12:49). Jesus het in gebed tot sy hemelse Vader, Jehovah God, gesê: “U woord is die waarheid.” Hy het dikwels God se Woord aangehaal om sy leringe te staaf (Johannes 17:17; Matteus 4:4, 7, 10). Ware Christene ‘bly dus in sy woord’—met ander woorde, hulle aanvaar God se Woord, die Bybel, as “die waarheid” en die hoogste gesag wanneer dit by hulle opvattings en gebruike kom.

Hoe die vroeë Christene gevaar het: Die apostel Paulus, wat meer boeke van die Bybel geskryf het as enige ander Christenbybelskrywer, het soos Jesus respek vir God se Woord gehad. Hy het geskryf: “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig” (2 Timoteus 3:16). Manne wat aangestel is om mede-Christene te onderrig, moes “vashou aan die onfeilbare en betroubare Woord van God” (Titus 1:7, 9, The Amplified Bible). Vroeë Christene is vermaan om “die filosofie en leë bedrog volgens die oorlewering van mense, volgens die elementêre dinge van die wêreld en nie volgens Christus nie”, te verwerp.—Kolossense 2:8.

Wie voldoen vandag aan hierdie vereiste?: Die Vatikaan se Dogmatic Constitution on Divine Revelation, wat in 1965 aangeneem en in die Catechism of the Catholic Church aangehaal is, sê: “Dit is nie net uit die heilige Skrif dat die [Katolieke] Kerk sekerheid kry oor alles wat geopenbaar is nie. Daarom moet heilige tradisie en die heilige Skrif met ewe veel toegewydheid en eerbied aanvaar en vereer word.” ’n Artikel in die tydskrif Maclean’s het ’n predikant in Toronto, Kanada, aangehaal wat gevra het: “Waarom het ons ’n ‘revolusionêre’ stem van tweeduisend jaar gelede nodig om ons te rig? Ons het ons eie fantastiese idees, wat voortdurend verswak word omdat ons ondersteuning daarvoor moet soek by Jesus en in die Skrif.”

Aangaande Jehovah se Getuies sê die New Catholic Encyclopedia: “Hulle beskou die Bybel as hulle enigste bron van geloof en gedragsreëls.” Onlangs het ’n man in Kanada een van Jehovah se Getuies in die rede geval terwyl sy haar voorgestel het. “Ek weet wie jy is”, het hy gesê terwyl hy na haar Bybel gewys het, “want jy het jou kenteken by jou.”