Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

2 | “Vertroosting uit die Skrif”

2 | “Vertroosting uit die Skrif”

DIE BYBEL SÊ: “Alles wat vroeër geskryf is, is geskryf sodat ons daaruit kan leer, sodat ons deur ons volharding en deur die vertroosting uit die Skrif hoop kan hê.” – ROMEINE 15:4.

Wat dit beteken

Die Bybel versterk ons met vertroostende gedagtes wat ons kan help wanneer ons op ’n negatiewe manier dink. Die Bybel se boodskap gee ons ook hoop dat emosionele pyn binnekort iets van die verlede sal wees.

Hoe dit kan help

Ons almal voel soms angstig, maar dié wat aan depressie of angstigheid ly, sukkel dalk die hele tyd met pynlike emosies. Hoe kan die Bybel help?

  • Die Bybel gee baie positiewe gedagtes wat negatiewe gedagtes kan vervang (Filippense 4:8). Dit kan ons verstand regtig vul met vertroostende en kalmerende gedagtes wat ons sal help om ons emosies te beheer. – Psalm 94:18, 19.

  • Die Bybel kan ons help om op te hou dink dat ons waardeloos is. – Lukas 12:6, 7.

  • Daar is baie Bybeltekste wat ons verseker dat ons nie alleen is nie en dat God, ons Skepper, heeltemal verstaan hoe ons voel. – Psalm 34:18; 1 Johannes 3:19, 20.

  • Die Bybel belowe dat God ’n einde sal maak aan pynlike herinneringe (Jesaja 65:17; Openbaring 21:4). Wanneer ons sukkel met pynlike gedagtes en emosies, kan hierdie belofte ons die krag gee om aan te gaan.