Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Man en vrou—Gemaak vir mekaar

Man en vrou—Gemaak vir mekaar

Man en vrou—Gemaak vir mekaar

MANS en vroue het nog altyd die begeerte gehad om saam te wees. God het hierdie begeerte in hulle geplaas. Jehovah het gesien dat dit nie goed is dat die eerste man, Adam, alleen bly nie. God het dus ‘vir die man ’n helper gemaak, as ’n komplement van hom’.

Jehovah het ’n diep slaap op Adam laat val en toe een van sy ribbebene geneem en “die ribbebeen . . . tot ’n vrou gebou en haar na die mens toe gebring”. Adam was so opgewonde toe hy hierdie pragtige skepping van Jehovah sien dat hy gesê het: “Dit is eindelik been van my gebeente en vlees van my vlees.” Met haar vroulike eienskappe was die volmaakte vrou, Eva, inderdaad beminlik. En die volmaakte Adam het weens sy manlike waardigheid respek verdien. Hulle is vir mekaar gemaak. Die Bybel sê: “Daarom sal ’n man sy vader en sy moeder verlaat, en hy sal sy vrou aankleef en hulle sal een vlees word.”—Genesis 2:18-24.

Maar vandag verbrokkel gesinne, en die verhouding tussen man en vrou word dikwels gekenmerk deur die een of ander soort mishandeling of deur selfsug. ’n Gees van mededinging tussen die geslagte het bygedra tot konflik en onenigheid. Dit alles is in stryd met God se voorneme vir die man en vrou. Die man is gemaak om ’n wonderlike rol op aarde te vervul. Die vrou moes ’n unieke en waardige plek aan die man se sy inneem. Hulle moes in eenheid saamwerk. Van die begin van die mens se bestaan af het godvrugtige mans en vroue getrou die rolle probeer vervul wat Jehovah vir hulle in gedagte gehad het, en dit het tot hulle geluk en tevredenheid bygedra. Wat is hierdie rolle, en hoe kan ons dit vervul?

[Prent op bladsy 3]

Die man en vrou is gemaak om waardige rolle in God se reëling te vervul