Photo by Stringer/Getty Images

HOU AAN WAAK!

Oorlog in die Midde-Ooste – Wat sê die Bybel?

Oorlog in die Midde-Ooste – Wat sê die Bybel?

 Mense regoor die wêreld is angstig oor wat sal gebeur met die konflik waarby die Verenigde State, Israel en Iran betrokke is. Sal die situasie erger word en in ’n oorlog verander wat baie lande affekteer? Kan regerings keer dat gewelddadige konflikte plaasvind en blywende vrede bereik?

 Mense wat met Bybelprofesieë bekend is, wonder dalk of hierdie konflik in die Midde-Ooste die begin kan wees van die oorlog van Armageddon wat in die boek Openbaring genoem word.

 Wat sê die Bybel?

Sal regerings ’n einde maak aan oorlog in die Midde-Ooste?

 Die Bybel sê: “Moenie julle vertroue in magtiges stel nie. Moenie vertrou op mense, wat nie redding kan bring nie.” – Psalm 146:3.

 Ons weet nie of regerings ’n mate van vrede in die Midde-Ooste sal kan bereik nie. Maar die Bybel maak dit duidelik dat geen politieke leier, menseregering of groep mense ’n einde aan oorlog sal kan maak en blywende vrede sal kan bring nie. Net God kan “regoor die aarde ’n einde aan oorloë” maak.Psalm 46:9.

Vervul die oorlog in die Midde-Ooste Bybelprofesieë?

 Die Bybel sê: “Julle sal van oorloë en berigte van oorloë hoor. . . . Nasie sal teen nasie opstaan en koninkryk teen koninkryk.” – Matteus 24:6, 7.

 Die huidige konflik in die Midde-Ooste is nog ’n gebeurtenis wat wys dat dit “die einde van die wêreldstelsel” is en is ’n verdere bewys dat ons in “die laaste dae” lewe (Matteus 24:3; 2 Timoteus 3:1). Die oorloë wat ons vandag sien, wys dat God binnekort sal optree om ’n einde te maak aan oorlog, asook die ander probleme wat mense laat swaarkry.

Sal Armageddon in die Midde-Ooste begin?

 Die Bybel sê: “Hulle het hulle bymekaargebring by die plek wat in Hebreeus Armageddon genoem word.” – Openbaring 16:16.

 Die oorlog van Armageddon is nie ’n oorlog tussen menseregerings wat in die Midde-Ooste begin nie. Dit is ’n wêreldwye oorlog tussen alle menseregerings en God.

Wat kan ons help om angstige tye te hanteer?

 Die Bybel sê: “Moet oor niks bekommerd wees nie, maar vra God in elke situasie om julle te help deur tot hom te bid, hom te smeek en hom te dank.” – Filippense 4:6.

 Jehovah a God nooi ons om tot hom te bid. Omdat God vir ons omgee, sal hy ons gebede hoor en ons help om ons angstighede te hanteer (1 Petrus 5:7). Een manier hoe hy dit doen, is deur ons te help om te verstaan hoekom oorloë plaasvind en ook hoe dit sal eindig en wat hy sal doen om ons pyn en swaarkry weg te neem. – Openbaring 21:3, 4.

a Jehovah is God se persoonlike naam. – Psalm 83:18.