Lied 139
Leer hulle om vas te staan
Laai af:
-
As ons God se skape leer en voed,
Bring dit vir ons vreugde mee.
En ons sien hoe hy hul rig en lei,
’Wyl hul hom hul beste gee.
(REFREIN)
Jehovah, mag u oor hul waak
Dat hul u weg nooit sal versaak.
Ons vra u dus in Jesus naam: Mag hul voortgaan
Om in u weë vas te staan.
-
Dag ná dag het ons vir hul gebid.
Teen beproewings moes hul stry.
Met ons hulp het hul Gods Woord leer ken;
En Sy seën het hul verkry.
(REFREIN)
Jehovah, mag u oor hul waak
Dat hul u weg nooit sal versaak.
Ons vra u dus in Jesus naam: Mag hul voortgaan
Om in u weë vas te staan.
-
Mag hul almal op God bly vertrou
En volhard, gehoorsaam bly.
Ons bid dat God hulle aanhou seën
En hul na die lewe lei.
(REFREIN)
Jehovah, mag u oor hul waak
Dat hul u weg nooit sal versaak.
Ons vra u dus in Jesus naam: Mag hul voortgaan
Om in u weë vas te staan.
(Sien ook Luk. 6:48; Hand. 5:42; Fil. 4:1.)